Special Afrikaans post: Aartappel suurdeeg & brood.

Leave a comment

May 15, 2015 by aubreykloppers

(Note: Please use Google Translate if you want to read this potato bread recipe)

Aartappelsuurdeeg:

  • 6g saamgeperste suurdeeg (1/4 van 25g koekie suurdeeg of ½ teelepel korrelgis)
  • 10ml suiker
  • 1 medium aartappel
  • 5 ml sout
  • Louwarm water
  1. Meng die suurdeeg met die suiker.
  2. Skil die aartappel, rasper dit fyn en meng dit met die suurdeegmengsel.
  3. Voeg die sout by en gooi die mengsel in n liter-vrugtefles.
  4. Voeg genoeg louwarm water by om die fles tot ¾ te vul.
  5. Bedek die bottel met die metaalskyf en plaas op n warm plek om te gis.
  6. Vul die “plantjie “ na gebruik met dieselfde bestanddele, behalwe die suurdeeg, aan.
  7. Wanneer geen suurdeeg benodig word nie, word die “plantjie”(ongeveer ¼) in die fles in die koelkas bewaar.

Aartappelsuurdeegbrood:

  • 300g koekmeel
  • 3ml sout
  • 250ml aartappels, fyngemaak
  • 15ml botter
  • 125ml aartappelsuurdeeg
  • Gesmelte botter
  1. Sif die meel en sout saam.Meng dit deeglik met die aartappels en vryf die botter hierby in.
  2. Gooi die aartappelsuurdeeg in die middel van hierdie bestanddele en knie die deeg totdat dit elasties is en van die kante van die bak loskom.
  3. Bedek die deeg en laat dit in n warm plek staan om tot omtrent dubbel die grootte te rys.
  4. Knie die deeg op n meelbestrooide oppervlak af.
  5. Voorverhit die oond tot 200 grade C.
  6. Plaas die deeg in n gesmeerde broodpan. Bedek en laat dit weer tot dubbel die grootte rys.
  7. Smeer gesmelte botter bo-op die deeg en bak in die voorverhitte oond vir 1 uur. Die brood moet hol klink wanneer dit geklop word.

Dankie: NetEddy: http://www.4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=76480

And for the very hungry: http://kreatiewekosidees.com/category/braaibraaivleis-bygeregte

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: